634761 Reviews - Derma-Puur

Ek het 2 demonstrasies bygewoon en my vel het gegloei daarna waarop ek besluit het om die reeks aan te skaf. Ek het 'n baie moeilike vel en het al talle duur middels probeer. Hierdie is die enigste produk wat resultate lewer. As ek die roetine mis voel my vel dit. Almal wat my familie asook my werkskollegas kan nie die verskil in my vel glo nie. Gloeind gesond en ek gebruik nou minimum onderlaag.

Ek gaan pas die Exfoliating Mask probeer en ek verwag net soos die res van die reeks uitstekende resultate op die vlekke op my gesig!! As jy nie seker is nie... woon 'n demonstrasie by of 'n tweede ene.... dit het my oortuig!!

634761 Reviews - Derma-Puur

My naam is Dina. Ek woon in Jeffreysbaai. Ek het op die Derma Puur velsorg reeks gegaan deur 'n Start-Up pak (Milk Cleanser, Moisture Plus, Lift en Balm) te koop. Baie ekonomiese kopie. Die pak het my gehou vir +-5 mde. My vel het fantasties gelyk en voel.  Maar soos ons vroue maar is, besluit ek om iets anders te probeer. Wel, ek kon duidelik sien die verskil met my vel tussen die verskillende produkte. My vel was glad nie happy.

Het weer terug gegaan na Derma-Puur. En... My vel is weer fantasties, gesond en die tekstuur baie baie goed. Lyne onmiddellik verbeter. My gunsteling produk is beslis die Lift, want soos die naam sê, doen die produk. Ja. 'n facelift in 'n botteltjie. Dankie Derma-Puur vir 'n wonderlike velsorg reeks.

634761 Reviews - Derma-Puur

“Die produk is regtig soo goed vir my ek is in die wolke xx” Nolene Els (Bloemfontein)

634761 Reviews - Derma-Puur

“Ek het geoefen en skeef getrap. Het dadelik begin Trigger oil smeer oor my voet en enkel. Die voet het vreeslik gewel en blou geraak. En binne 4 dae was my voet baie beter. Kom nie glo hoe die swelling gesak het nie.” Monique Pretorius (Jeffreysbaai)